Thursday, January 27, 2011

SEEKOS PAELLA

500 ml rou rys
12,5 ml olie
1 ui, gekap
1 groen soetrissie, in repies gesny
1 blik pynappelstukkies
sout en peper na smaak                                                                                                                                   
suurlemoensap
tiemie
knippie borrie ( vir kleur)
2 blikke gerookte mossels


METODE


  1. Kook rys in soutwater sag, dreineer en hou eenkant.
  2. Verhit die olie in 'n pan en braai die ui en soetrissie daarin tot sag.
  3. Voeg die pynappelstukkies by en braai nog 'n paar minute.
  4. Voeg die rys by en geur  na smaak met die geurmiddels.
  5. Voeg borrie by om die mengsel liggies te kleur.
  6. Voeg die mossels by en verhit  totdat die mengsel goed warm is.
  7. Dien saam met gebraaide vis op.

Thursday, January 20, 2011

NAGEMAAKTE BOONTJIESOP

2x 439 g blikkies botterboontjies
2 biefekstrakblokkies
125 ml kookwater
1,5 l kouewater
65 ml asyn
1 gekapte ui
sout en peper na smaak
1 ml gemengde kruie
5 ml suiker
5 ml botter
50 ml maizena
250 ml water


METODE

  1. Dreineer die boontjies en gooi die vloeistof in 'n kastrol. 
  2. Maak boontjies fyn en voeg by vloeistof in kastrol.
  3. Smelt die ekstrakblokkies in kookwater en voeg by.
  4. Voeg die kouewater, asyn, ui, sout, peper, gemengde kruie. suiker en botter by.
  5. Kook vir ongeveer 1 uur of totdat dit reg lyk en smaak. 
  6. Meng die maizena met water en voeg dit by die sop, en roer terwyl dit bygevoeg word. Kook vir paar minute. Bedien met lekker vars gebakte brood. 

Wednesday, January 19, 2011

CRUNCHIES

375 ml    meelblom
5 ml        bakpoeier
2ml         sout
250 ml    hawermout
250 ml    klapper
185 ml    suiker
60g         botter of margarien
12,5 ml   gouestroop
5m          koeksoda

Metode:

  1. Sif die meelblom, bakpoeier en sout saam.
  2. Voeg die hawermout, klapper en suiker by en meng goed.
  3. Smeer die lepel met kookolie voor die stroop afgemeet word.
  4. Smelt botter en stroop saam.
  5. Haal van die plaat af en roer die koeksoda by.
  6.  Voeg hierdie mengsel by die droebestanddele en meng.
  7. Die mengsel sal krummelrig wees.
  8. Gooi mengsel in gesmeerde pan en druk dit goed daarin vas.
  9. Bak in warm oond vir 10 minute of tot goudbruin.
  10. Sny terwyl dit warm is , maar laat staan in die pan tot dit koud is. 
 
 

Tuesday, January 18, 2011

KERRIEHOENDER

200 ml warm rooibostee
4 hoenderstukke (jou keuse)
1 blokkie hoenderekstrak
50 ml kookolie
2 groot uie, geskil en in skywe gesny
2 knoffelhuisies, gekneus (opsioneel want nie almal hou van knoffel)
1 stukkie gemmer, gerasper
1 groenrissie, ontpit en gekap
10 ml kerriepoeier
1 tamatie, geskil en gekap
1 blik pynappelstukke ( opsioneel)
sout en peper na smaak

Metode 
  1. Los hoenderekstrak op in rooibostee.
  2. Verhit olie in pan en sorteer uie, knoffel, gemmer, groenrissie en kerrie vir 5 minute.
  3. Voeg hoenderstukke by en braai nog 15 minute liggies.
  4. Voeg tamatie, ekstrak, pynappelsap ( uit blikkie), sout en peper by en prut vir 1 uur of totdat hoender sag is.
  5. Voeg pynappelstukke by en verhit deeglik. 
  6. Bedie met rys. 

Monday, January 17, 2011

Die lekkerte van Kosmaak.



Om kos te kan maak is vir elke vrou 'n voorreg en 'n reg. 'n Voorreg omdat sy haar man ,kinders, familie en vriende kan bederf en 'n reg omdat die kombuis HAAR heiligdom is.