5 ml bakpoeier
2ml sout
250 ml hawermout
250 ml klapper
185 ml suiker
60g botter of margarien
12,5 ml gouestroop
5m koeksoda
Metode:
- Sif die meelblom, bakpoeier en sout saam.
- Voeg die hawermout, klapper en suiker by en meng goed.
- Smeer die lepel met kookolie voor die stroop afgemeet word.
- Smelt botter en stroop saam.
- Haal van die plaat af en roer die koeksoda by.
- Voeg hierdie mengsel by die droebestanddele en meng.
- Die mengsel sal krummelrig wees.
- Gooi mengsel in gesmeerde pan en druk dit goed daarin vas.
- Bak in warm oond vir 10 minute of tot goudbruin.
- Sny terwyl dit warm is , maar laat staan in die pan tot dit koud is.
No comments:
Post a Comment