12,5 ml olie
1 ui, gekap
1 groen soetrissie, in repies gesny
1 blik pynappelstukkies
sout en peper na smaak
suurlemoensap
tiemie
knippie borrie ( vir kleur)
2 blikke gerookte mossels
METODE
- Kook rys in soutwater sag, dreineer en hou eenkant.
- Verhit die olie in 'n pan en braai die ui en soetrissie daarin tot sag.
- Voeg die pynappelstukkies by en braai nog 'n paar minute.
- Voeg die rys by en geur na smaak met die geurmiddels.
- Voeg borrie by om die mengsel liggies te kleur.
- Voeg die mossels by en verhit totdat die mengsel goed warm is.
- Dien saam met gebraaide vis op.
No comments:
Post a Comment